Oorgewig: 2 Nuwe middels oppad; hoekom jy sukkel om gewig te verloor


Oorgewig en behandeling, deel 1:

Wat is die jongste benadering tot die behandeling van gewigsverlies vir oorgewig mense? Kan ’n nuwe middel wat binnekort ook in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, dalk baie gevalle van bariatriese chirurgie vervang?

Oorgewig en behandeling, deel 2

Jy is oorgewig en wil gewig verloor. Jy verloor 5 kg en dan steek alles vas. Hoekom? Kom vind uit hoe werk die fisiologie van oorgewig en gewigsverlies, want twee nuwe middels sal in die toekoms help om die foutiewe metaboliese bane in jou liggaam te help herstel.