2022 se 3 uitstaande gebeurtenisse in ruimtevaart


2022 is gekenmerk deur drie uitstaande gebeurtenisse in ruimtevaart.
– Die James Webb-ruimteteleskoop is op Kersdag in 2021 die lug in geskiet, en het in die loop van 2022 ruimtewetenskaplikes verbaas oor die gehalte van die eerste beelde wat ontvang is.
– Die Dart-sending, waartydens ‘n tuig teen ‘n asteroïde gebots het, het ook vrugte afgewerp, en bewys dat ‘n ruimteklip wel deur ‘n tuig effe van rigting kan laat verander.
– Die Artemissending het glad verloop en die weg gebaan vir die volgende maanlanding waartydens mense op die maan geplaas sal word.