Luister weer: Genadedood – Om te Sterf met Genade


In twee dokumentêre programme: Genadedood – Om te Sterf met Genade, neem die ondersoekende joernalis en RSG-vervaardiger en -aanbieder, Esté de Klerk jou op ‘n reis met argumente vir en teen genadedood aan die hand van kenners wat hieroor praat, en ook eerstehandse vertellings van mense wat die reis na genadedood onderneem het, of mense bygestaan het in ‘n noodkreet om op dié manier te sterf.

Genadedood is ‘n omstrede onderwerp – en met reg: die beeïndiging van ‘n mens se lewe is ter sprake. Suid-Afrika se gemene reg bepaal dat die toepassing van genadedood as moord beskou word. Internasionaal en in Suid-Afrika word debatte gevoer oor of genadedood gewettig moet word of nie, en etiese, morele, godsdienstige waardes en wat ‘n land se Grondwet en regstelsel bepaal word teen mekaar opgeweeg.

Genadedood, of bystanddood soos wat ook daarna verwys word, is ‘n besondere aktuele saak wat by tye groot opslae plaaslike en ook internasionaal, veroorsaak. In Suid-Afrika veral, omdat dit ‘n saak is wat steeds diep geargumenteer word, want volgens ons gemene reg behels dit moord.

In ons howe word sake reeds sedert 1970 hieroor aangehoor en hoewel dit met groot omsigtigheid hanteer word, speel versagtende omstandigtende telkens ‘n groot rol wanneer uitspraak in hierdie sake gelewer word.

Internasionaal, word genadedood gewettig in Nederland, Luxemberg, België, Switserland, in sekere state van van die VSA, in sekere state van Suid-Amerika, in sekere state van Australië, in Nieu-Seeland en in Kanada.

In ‘n reeks van twee dokumentêre programme, skyn Esté de Klerk die lig op die verskillende argumente in dié debat oor of genadedood in Suid-Afrika gewettig moet word of nie. Die klankontwerp is gedoen deur Danny Booysen.

WAT IS GENADEDOOD/BYSTANDDOOD?

Die besluit om met ander se bystand te sterf, moet by uitstek geneem kan word deur ‘n pasiënt wat erg en onomkeerbaar aan ‘n siektetoestand ly, maar wat steeds rasioneel is om die besluit sonder dwang of subtiele druk van iemand anders te kan neem.

Daar is twee vorme van bystanddood: enersyds bystand-selfdood binne ‘n mediese konteks is wanneer middele aan ‘n pasiënt verskaf word om selfdood te kan pleeg.

Genadedood, andersyds, is medies-geassisteerde dood wanneer die finale stap wat die dood meebring, nie deur die pasiënt self uitgevoer word nie, maar byvoorbeeld deur ‘n mediese praktisyn, deur middel van ‘n inspuiting.

GEMENE REG IN SA VS SUID-AFRIKAANSE GRONDWET

 In terme van die Suid-Afrikaanse gemene reg, is die pleeg van bystanddood, in beide sy vorme, moord. Maar, sedert die aanvaarding van die Suid-Afrikaanse Grondwet in 1996, word sekere konstitusionele regte erken, wat in alle waarskynlikheid ‘n reg op bystand met sterwe tot stand bring.

Die Suid-Afrikaanse Regsdienskommissie wat nou bekendstaan as die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie, het reeds in 1999, in Projek 86, ‘n verslag oor bystanddood en die kunsmatige beeïnding van lewe gepubliseer waarin verwys is na die mens se reg op menswaardigheid in Artikel 10 van die Grondwet, die reg van die mens om beheer oor jou liggaam te hê in Artikel 12 en die reg om te lewe in Artikel 11. Dié verslag is wel in 1999 by die Nasionale Vergadering vir oorweging ingedien, maar daar was geen debat daaroor gevoer of wysigings aan wetsontwerpe aangebring nie.

Die regsdebat – waar twee hoofsake oor die afgelope paar jare in Suid-Afrikaanse howe aangehoor is – en die etiese debat oor genadedood kan nie onafhanklik van mekaar geargumenteer word nie. Of kan dit?

Dan speel geloofsoortuiging ook ‘n rol met verskeie godsdienste wat teen genadedood gekant is, en ander groepe wat meen pasiënte wat ernstig of terminaal siek is kan tot aan die einde verligting vind deur middel van palliatiewe sorg en die wettiging van selfdood kan ‘n deur oopmaak vir ‘n stelsel wat moontlik misbruik kan word.

Al dié argumente sal deur die loop van Episode 1 en 2 van Genadedood – Om te Sterf met Genade deur kenners beredeneer word.

Episode 1

In Episode 1 kyk sy onder meer na wat die Suid-Afrikaanse Grondwet en regstelsel onderskryf en watter sake reeds deur ons howe aangehoor is. Sy vertel ook die verhaal van Johann Beukes wat in 2015 sy lewe met behulp van genade-selfdood by ‘n kliniek in Switserland beeïndig het. In ‘n onderhoud wat twee weke voor Johann se dood met hom gevoer is, vertel hy van sy worstelstryd om dié besluit te kon neem.

Johann sê: “Ek het geworstel met al die kwelvrae wat dit vir my gesin gaan inhou wat agterbly. Die heel grootste worsteling was met my verhouding met my Hemelse Vader.”

Esté het ook ‘n onderhoud gevoer met die genadedood-aktivis, Sean Davison, wat in 2019 skuldig bevind is aan moord nadat hy drie mense gehelp het om deur middel van genadedood, te sterf. Davison sê: It’s not the decision of a family, it’s the decision of a person who is suffering and they should be entitled to die with dignity at their own time of choosing.”

Episode 1 van Genadedood – Om te Sterf met Genade sal fokus op argumente vir genadedood, terwyl Episode 2 sal fokus op argumente daarteen.

Luister na Episode 1.

Buiten onderhoude met Johann Beukes en Sean Davison, het Esté ook onderhoude gevoer met die mede-stigter van Dignity SA en buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch se Departement Filosofie, professor Willem Landman, buitengewone professor in Strafreg en Bewysreg aan die Noordwes Universiteit se Besigheidskool, professor Dawie de Villiers, teoloog verbonde aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, dr. Chris Jones, uittrekselsels van ‘n onderhoud wat met Emeritus Aardsbiskop Desmond Tutu gevoer is in 2018 en ander geloofsleiers, ‘n onkoloog wat nou spesialiseer in palliatiewe sorg en vebonde is aan die Die Vereniging van Palliatiewe Sorgpraktisyns van SA, dr. Margie Venter en die uitvoerende hoof van Dokters vir Lewe Internasionaal, dr. Albu van Eeden.

 

JOHANN BEUKES SE STORIE

Johann Beukes

Op 14 September 2015, word die Bloemfonteinse argitek en reisagent-eienaar, Johann Beukes die vyfde Suid-Afrikaner wat sy eie lewe by die Dignitas-kliniek in Switserland met behulp van genade-selfdood, beeïndig.

Die 66-jarige Beukes het sy lewe lank gely aan ‘n rare en uiters pynlike siektetoestand wat bekendstaan as die Beukes-sindroom waarvan die hoofkenmerk is dat die kraakbeen tussen gewrigte teen ‘n onvoorspelbare tempo, verweer.

Hy het sedert sy kinderdae meer as dertig operasies ondergaan, wat bi-laterale heup-, skouer, enkel en handgewrigsvervangings, insluit.

Die besluit om sy lewe deur middel van bystanddood te beeïndig, was nie ‘n maklike een nie, maar ‘n besluit wat Beukes met groot omsigtigheid en ná ‘n lang worstelstryd geneem het. In ‘n openhartige onderhoud wat twee weke voor sy dood deur ‘n vriend met hom gevoer is, vertel Beukes hoe hy dekades lank moedig met sy pyn saamgeleef het, hoekom hy die besluit geneem het om sy lewe deur middel van genade-selfdood by Dignitas te beeïndig, wat die proses behels, maar ook presies hoe groot sy worstelstryd was – veral teenoor sy familie en met sy Skepper en hoe hy vrede gevind het.

“Sedert 2013, het ek begin worstel met al die kwelvrae wat dit vir my gesin gaan inhou wat agterbly. Uiteraard, die heel grootste worsteling was met my verhouding met my Hemelse Vader en wat Sy Woord deur die Heilige Gees vir my gesê het en hoe ek die besluit aan my geliefdes gaan kommunikeer en hoe ek dit moet hanteer en hoe hulle dit gaan verwerk.

“Ek het vroeg in my lewe reeds geleer om te cope met uitdagings en die pyn… en soos ‘n klippie in ‘n stil dam het hierdie pyn stelselmatig al hoe wyer en wyer begin uitkring en dit het groterwordende uitdagings ten op sigte van pynverwerking vir my begin stel.

“Sekerlik die grootste besluit wat die mees omvattenede impak op my lewe gehad het – en ek glo ook – die mense naby my, want dis nie net myself nie, dit is my menswees, wie ek is en natuurlik al die geliefdes om my,” vertel Beukes in die onderhoud.

Beukes se vrou, Monique, het toestemming aan Esté verleen om hierdie onderhoud in die dokumentêre reeks, Genadedood – Om te Sterf met Genade te gebruik.

DIE STAAT VS SEAN DAVISON

 Die genadedood-aktivis en mede-stigter van die organisasie wat hom beywer vir die wettiging van genadedood in Suid-Afrika, Dignity SA, Sean Davison, is in 2011 in Nieu-Seeland die eerste keer aangekla van poging tot moord nadat hy sy terminaal-siek ma gehelp het om te sterf.

Sean Davison en Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu.

Hy het skuld beken op ‘n aanklag van medies-geassisteerde selfdood en is tot huisarres gevonnis. Emeritus Aardsbiskop Desmond Tutu het ‘n brief aan die regter in die saak geskryf om namens Davison in te tree.

Uit ‘n onderhoud wat in 2018 met Davison gevoer is, twee dae voordat hy in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, vertel hy hoekom hy sy ma gehelp het om te sterf.

“My mother was a medical doctor, she had terminal cancer, she was near the end and I understood her request, I didn’t question it and tried to make each day as pleasurable as possible. The hunger strike went on and on and on, it went on for days and weeks, and after five weeks, she still hadn’t died and in effect, her flesh was rotting on her body – she could hardly move and if I turned her to move her, I was bruising her skin, it was a dreadful, dreadful situation. And it was at that point she begged me to help her to end her life. I had no choice; my mother was begging for help. How could I play God and deny her that help when it was what she wanted? I had to honour her request,” sê Davison in sy onderhoud.

In 2019, is Davison in Suid-Afrika skuldig bevind aan drie aanklagte van moord nadat hy skuld beken het en ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het vir sy bydrae in die genadedood van drie pasiënte wat desperaat was om van hul lyding weens siektetoestande verlos te word.

Davison se tronkstraf van agt jaar is in geheel opgeskort en hy is tot drie jaar huisarres en gemeenskapsdiens gevonnis wat hy in Julie 2022 uitgedien het.

In ‘n nuwe onderhoud, praat Davison – wat nou in Engeland woon, met Esté oor sy drie jaar lange huisarres, dat hy nie berou het daaroor dat hy pasiënte wat gely het gehelp het om te sterf nie, en wat hy nou doen om steeds te veg vir die regte van mense wie se wens dit is om deur middel van genadedood, te sterf.

Episode 1 word Donderdagaand, 23 Maart om 20:00 uitgesaai, en Episode 2 Donderdagaand, 30 Maart om 20:00.

Episode 2

Dr Margie Venter

Dr Albu van Eeden

In Episode 2, plaas Esté onder meer die soeklig op etiese, morele en godsdienstiensdige besware teen genadadedood, hoe dit internasionaal toegepas word en groepe wat meen dat die wettiging daarvan in Suid-Afrika moontlik tot die misbruik van genadedood kan lei. Sy voer onder meer onderhoude met die uitvoerende hoof van Dokters vir Lewe Internasionaal, dr. Albu van Eeden en ‘n onkoloog wat spesialiseer in palliatiewe sorg, dr. Margie Venter.

Esté voer ook ‘n onderhoud met ‘n Kanadese burger, Amir Farsoud wat op grond van mediese redes aansoek gedoen het om genadedood, maar erken het dat hy nie weens mediese redes nie, maar sy sosio-ekonomiese omstandighede wou sterf.

Amir Farsoud

Amir sê: “Medical Assistance in Dying is not what determines whether you will live or you will die. It is what determines whether you will die poorly or you will die well. For society to at least offer a modicum of dignity and solace to people, is the least society can do.”