Luister weer: Die mosaïek van eenders en anders wees


Die mosaïek van eenders en anders wees is poëtiese dokumentêr waarin Lizelle de Bruin ondersoek instel na die konsep van eenders en anders wees. Die gedagte het ontstaan by ‘n kunsuitstalling van die keramiek kunstenaar, Hennie Meyer.

Hennie het 400 stukke kuns gemaak van 400gr klei wat elkeen anders lyk. Dit lei tot die vraag: ‘Is ons almal dieselfde”. Deelnemers aan die program is Dr Anton van Niekerk, Hoof van die departement Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Die musikante Almero Welgemoed en Dean Bali, en ‘n hele paar nader stemme wat die simfonie van eenders en anders dokumenteer.

Deur dieselfde materiaal te gebruik om verskillende kunswerke te skep word die idee van transformasie op die tafel gesit. Die stukke klei begin as ‘n identiese massa, maar elke kunswerk is ‘n unieke transformasie van daardie massa. Dit verwys na die idee dat ons voortdurend verander en groei, selfs al het ons dieselfde basiese boumateriaal as mense.