Luister weer: Hartbeespoortdam – ‘n eeu van verwondering


Die damwal van die Hartbeespoortdam word naweek-na-naweek oorval met duisende toeriste. ’n Tonnel en majestieuse damwal in eg neo-klassieke styl kronkel deur die eeu oue Magaliesberg.

’n Arc de Triomphe in die kleine versier die damwal en toeriste hang gereeld oor die historiese muur om die massawater te aanskou wat netjies deur tien sluise gerig word.

Maar die ontwikkeling van hierdie struktuur word gekenmerk deur vele hindernisse. In 1923 is die damwal uiteindelik voltooi en met ’n plegtige geleentheid in gebruik geneem toe ’n vloot karre oor die damwal ry.

Die ontwikkeling van die dam is in die vroeë 1900’s lamgelê deur politiek, vloede, oorloë, die Spaanse griep en ingenieursuitdagings. Vandag lok die dam duisende toeriste na die dorp, Hartbeespoort.

Ongelukkig staar die dam ’n nuwe bedreiging in die gesig. Waterhiasint wat soms tot 40% van die wateroppervlak beslaan, moet deurgans bestry word. Die Rhodes Universiteit het egter ’n baie suksesvolle navorsingstudie onderneem om saam met die gemeenskap van Hartbeespoort dié dorp se trots te bewaar.

 

Vyf sluise is oop by die Hartbeespoortdam. Die massawater loop onder deur die damwal in die Krokodilrivier.

’n Uitsig oor die Hartbeespoortdam vanaf die Magaliesberg.

’n Replika van die Arc de Triomphe in Frankryk is oor die damwal van die Hartbeespoortdam opgerig.

Duisende waterhiasinte word by die Hartbeespoortdam se sluise gekeer voordat die water na die rivier deurvloei.