Luister weer na ‘As mense saam sing – Die alchemie van koorsang’


Die Stellenbosse Universiteitskoor

Luister weer na ‘n dokumentêr oor koorsang, saamgestel deur Ina Strydom.

Koorsang bestaan reeds duisende jare as kunsvorm. Eers by die ou Grieke as deel van dramas en verhale; en later as deel van die Christelike kerk se liturgie. Daarna het dit begin deel gevorm van operas en oratoria en ontwikkel tot alleenstaande kunsvorm.

Deur die eeue heen betower dit gehore en begeester sangers.

Die geheim van koorsang lê in die vermoë om die verskillende sangers in harmonie te laat sing. Die kuns om dié stemsoorte en individue met verskillende agtergronde en uit verskillende kulture te laat saamsmelt tot ’n eenheid, is die kuns van die alchemis: die dirigent.

Twee koorleiers wat by uitstek dié vermoë het, is die stigter van die Libertas-koor, prof. Johan de Villiers, en Renette Bouwer van onder andere die UJ-koor.