Angs en depressie tydens COVID-19 en inperkings


Woensdag 22 April 2020

Ná ’n maand in inperking, speel jou gemoed waarskynlik ook parte. Hoe weet ’n mens of die benoude gevoel oor jou bors asma, ’n hartaanval, COVID-19 of angstigheid oor jou inperking is nie? En wat van depressie? Sosiale inperking en fisieke afstandelikheid is nie normaal nie, en eis sy tol op jou geestesgesondheid. Marí Hudson gesels met Dr Eugene Allers, ’n psigiater verbonde aan SASOP oor die effek van die COVID-19 inperking op jou gemoed.