Rondstuur van onwettige e-boeke IS ‘n misdaad


Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, DIE LAASTE KANARIEGEEL NOTABOEK.

Vyf aspirantskrywers kan elkeen ‘n driewekelange kortverhaalskryfskool gratis bywoon – Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting gee meer inligting hieroor.

Adv. Jackie Fick, ‘n kubermisdaadkenner, verduidelik hoekom die rondstuur van onwettige e-boeke ‘n misdaad is.

In sy internasionale bydrae stel Johan Myburg jou voor aan Georgi Gospodinov, die wenner van die Booker International-prys vir vertaalde werk, en vertel meer oor ‘n Spaanse letterkundige prys wat aan die Japanse skrywer Haruki Murakami toegeken is. Hy bring ook hulde aan die Britse skrywer Martin Amis.