Help RSG-Beeld-Kinderfonds en staan ‘n kans om ‘n Picanto te wen!


“Vir die soveelste jaar agtereenvolgens, staan jy die kans om ‘n splinternuwe motor te wen! Tussendeur is daar ook ‘n klomp kontant-bonuspryse wat jy kan losslaan.”

Só bemark RSG die Beeld Kinderfonds-projek in die hoop dat dié verdienstelike organisasie genoeg geld kan insamel om op hulle beurt dit weer uit te deel aan die hordes welsynsorganisasies wat hulp benodig.

As jy jou minderbevoorregte medemens wil help, en jy is enigsins in ‘n posisie om dit te doen, dra asseblief by tot dié fonds.

Wat doen die RSG-Beeld- Kinderfonds?
Die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek streef daarna om behoeftige kinders te bemagtig en in staat te stel om uit die kringloop van armoede en welsynshulp te breek. Beeld-Kinderfonds ondersteun sowat 20 ontwikkelingsprojekte waardeur meer as 6500 behoeftige kinders gehelp en bemagtig word, verduidelik Adrie van Staden, Uitvoerende Beampte van die Beeld-Kinderfonds

Dis egter net moontlik met jou ondersteuning. As jy ’n donasie maak, staan jy die kans om ‘n KIA Picanto Start 1.0 te wen.  Skenk  R30 vir 1 inskrywing of R100 vir 4 inskrywings. As jy R200 of meer skenk, kan jy ook hierdie maand R2000 wen en jy kry ook ekstra inskrywings in die trekking vir die KIA Picanto. As jy elke maand of meer as R500 bydra, sal jy bonus-inskrywings kry, sê Van Staden.

Skryf só in
1. EFT jou donasie aan
Beeld-Kinderfonds,
ABSA tjekrekeningnommer 2840 157 329.
Gebruik jou selfoonnommer, naam en van as verwysing. Die selfoonnommer moet eerste op die verwysing verskyn, sodat ons jou inskrywings per sms kan bevestig.
2. Kaartbetalings kan met die SnapScan-toepassing gedoen word, of
3. sms KINDERS na 41511. Elke SMS kos R30.

Die projek sluit 5 November en die trekking van die KIA Picanto vind plaas op 13 November. Lees meer op www.beeldkinderfonds.co.za