6-jarige se lewe word verander


Op Maandag 9 Mei 2022 het  die sesjarige Lydia Sinclair se lewe verander. Die Graad 1 leerder van Milnerton het ‘n hartprosedure ondergaan wat haar lewe gered het.

Luister om 11:30 na Gesondheid op RSG. Mari Hudson gesels met die dokter en hy vertel hoe die prosedure om haar vinnige hartklop te herstel, gedoen is.