70 Renosters van SA in Rwanda hervestig
In een van die grootste enkele hervestigingsprojekte van renosters in die geskiedenis, het African Parks pas 70 wit renosters uit Suid-Afrika in die Akagera nasionale park in Rwanda hervestig. Die renosters is deel van die 2 000 renosters wat African Parks in September 2023 van die renosterboer, John Hume, gekoop het. African Parks bedryf tientalle parke in Afrika suksesvol namens dié lande se regerings.
In 2021 het African Parks 30 wit renosters in die Akagera-park hervestig, en dié het intussen aangeteel tot 41. Om met ons hieroor te praat, sluit Charles Wells, African Parks se bedryfsbestuurder, by ons aan.