Luister weer: Tobie Cronje – 75 jaar


Luister weer na die insiggewende dokumentêr deur Ina Strydon.

‘n Profieldokumentêr oor Tobie Cronjé wat vanjaar 75 word. Dié geliefde akteur en regisseur se werk is welbekend, sy besondere komiese vermoëns, sy gewildste karakters en sy werk in die teater, op televisie en in rolprente. Die dokumentêr fokus op die mens ágter die akteur: sy liefde vir musiek; sy belangstelling in Zen Boeddhisme; sy siening oor tegnologie en teater, kreatiwiteit en uitdagings.

Tobie Cronje

Ina neem ons na die siel van Tobie Cronje in ’n profieldokumentêr oor sy interessante lewensfilosofie, sy ernstige werk wat meestal tweede viool moes speel teenoor die komiese werk, mense wat ‘n belangrike rol in sy loopbaan gespeel het en sy benadering tot rolle in die verskillende media.