Watter diere is vatbaar vir bek-en-klouseer?
Dr. Chanel Lombard, ‘n staatsveearts op Vredendal, verduidelik watter diere deur bek-en-klouseer geraak word, en hoe produsente hulle kuddes daarteen kan beskerm. Dei uittredende hoof van Historic Wines of the Cape, Hein Koegelenberg, praat oor Franse invloed op van ons landboupraktyke, met Bastille-dag wat eersdaags op Franschhoek gevier word. Dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel van die hoogtepunte in die Junie-uitgawe van Agriprobe.