‘ANC kaap die Nasionale Dialoog’
Daar word al langer as ‘n jaar oor die Nasionale Dialoog gepraat, en eergisteraand het president Cyril Ramaphosa uiteindelik die datum vir die eerste konvensie van die voorgenome dialoog aangekondig. Die konvensie, wat die dialoog voorafgaan, sal op 15 Augustus vanjaar plaasvind. Ramaphosa het ook ‘n lys van 31 name bekend gemaak – die sogenaamde groep van vooraanstaande mense, wat die leiding moet neem om die dialoog te ontwerp. Ons praat hieroor met Christo van der Rheede van die FW de Klerk-stigting, en dr. Theuns Eloff, ‘n onafhanklike kommentator.