Luister weer: Is dagga die nuwe wonderkuur?


Luister vanaand net ná agtuur na die dokumentêr Op Elke Straathoek: Is Dagga Die Nuwe Wonderkuur?, saamgestel deur Jaco de Waal.

Dagga – vir jare ’n taboe, nou ’n alledaagse gesprekspunt. Van pynverligting tot geestesgesondheid, word cannabis toenemend as ’n natuurlike alternatief voorgestel. Maar hoe veel daarvan is medies geregverdig, en hoe veel is bloot bemarking?

In hierdie radio-dokumentêr ondersoek Jaco de Waal die opkoms van mediese cannabis in Suid-Afrika en die spanning tussen verwagting, navorsing en werklikheid. Die dokumentêr delf in die kernvrae rondom cannabis as medisinale middel.

Gesprekke met kundiges sluit in:

  • Tommy du Plessis, een van die direkteure van TG Cannamed – ʼn konsultasie maatskappy wat spesialiseer in die vestiging van medisinale Cannabis kweekhuise – bied ’n akademiese perspektief op die rol van mediese cannabis in gesondheidsorg, en wat huidige navorsing wel – en nié – bevestig nie.
  • Dr Anton Janse van Rensburg, ’n mediese dokter, verduidelik hoe cannabis werklik in kliniese praktyk gebruik word, en bespreek sowel die voordele asook die beperkings van die middel.

Brenda Marx – Analitiese Chemikus. Sy toets mediese dagga.