Grensverskuiwende navorsing om swamme in canola te voorkom


Lisette Nowers doen wetenskaplike navorsing by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, hoofsaaklik oor swamsiektes wat in canola voorkom. Canola is ‘n plant met vele gebruike vir mens sowel as dier. Sy en Arie van Ravenswaay van dieselfde departement is onlangs met ‘n toekenning vereer ná ‘n grensverskuiwende navorsingsprojek oor die bestuur en voorkoming van canola-siektes.