Politici wat met banke inmeng, oortree wette


Poltici se inmenging in banke se sake is ‘n oortreding van plaaslike en internasionale bankwetgewing, het duidelik op Praat Saam geblyk.

Senior bestuurslede van banke het voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig dat indien hulle politieke inmenging sou toelaat, dit strydig sou wees met plaaslike en internasionale bankwetgewing. Wat moet die verhouding tussen die privaatsektor en politici wees?

Regsake: watter regsbeginsels geld vir banke?

Banke moet aan wetgewing en regulasies voldoen soos neergelê deur die Reserwebank en nie deur die Regering of Parlement nie. Al het dit in die onlangse getuienis deur bankgroepe voor die Staatskaping-kommissie aan die lig gekom dat bankgroepe deur sommige Ministers in Zuma se kabinet gedreig is.

Graeme Polson kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die wetgewing en regulasies wat op banke van toepassing is. Hoe effektief is dit om die publiek te beskerm, en wat is die rol van die Reserwebank?