Al meer Namakwalandse vetplante gesteel


Namakwalandse vetplante. Foto’s: Karel du Toit.

Namakwaland se vetplante word bedreig. Die smokkel van dié juwele word ‘n al groter probleem. Koos du Pisanie kom agter die kap van die byl, en gesels met Berto Archer van Agri Namakwaland.

Pinotage het ‘n ryk geskiedenis, en is ‘n eg Suid-Afrikaanse produk. Ons gesels met Beyers Truter van die Pinotage-vereniging.

Ons vind ook uit waarom plase eerder opgeveil word as om deur agente verkoop te word. Andreas Greeff van Vleissentraaleiendomme is aan die woord hieroor.