Anton Goosen gesels land en sand


Hy het al honderde liedjies in Afrikaans geskryf, en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars – van Laurika Rauch en Lucky Dube, tot Sonja Herholdt, Herbie & Spence en Gene Rockwell – het al van sy liedjies gesing. Anton Goosen word nie om dowe neute die Liedjieboer te genoem nie. Hy is onseker presies hoeveel liedjies hy al geskryf het, maar dis honderde. Vanjaar vier hy sy 45ste jaar in die musiekbedryf. Hy het onlangs ‘n enkelsnit, Bly by my my lief, ‘n gedig van Antjie Krog, getoonset en vrygestel, en vandeesmaand kom sy nuwe album uit. Pieter Steyn het land en sand met Anton gesels, onder meer oor sy vrou, Estie, oor sy kwaaivriendskappe met Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis, en oor ouderdom en verganklikheid.