Arbeidsreg: wat jy moet weet


Konstruktiewe ontslag, stakings, seksuele teistering, diskriminasie, handelsbeperkings, naweek-gedrag, gelyke vergoeding en aanstellings-kriteria.
Dít is enkele aspekte oor Arbeidsreg wat al in Regsake bespreek is. Ons het die gesprekke oor Arbeidsreg bymekaar gesit.
Maandag 15 Oktober 2018
Ons het só baie vrae oor die Arbeidsreg gekry, dat nog ‘n program daaraan bestee word. Arbeidsregkenner Johan Botes gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor konstruktiewe ontslag en stakings. Wanneer kan jy eis vir skade wat stakers aangerig het, en wanneer mag ‘n werkgewer stakers afdank?

Johan Botes

Maandag 8 Oktober 2018
Die Arbeidsreg is vir baie luisteraars relevant. Johan Botes sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vra te beantwoord oor seksuele teistering by die werk, en of ‘n werkgewer verplig is om die beste kandidaat vir die pos aan te stel.

Maandag 24 September 2018
Johan Botes sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor die arbeidsreg te beantwoord. Wanneer kom dit neer op diskriminasie as jou werkgewer iemand met soortgelyke kwalifikasies, vaardighede en ondervinding as joune teen ‘n groter salaris aanstel? Gewoonlik verbied ‘n handelsbeperkingsooreenkoms jou om binne ‘n sekere tyd soortgelyke werk as by jou huidige werkgewer vir jouself of ‘n ander werkgewer te doen. Wanneer is dit afdwingbaar?
Maandag 6 Augustus 2018
‘n Kenner van arbeidsreg, Johan Botes, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vra oor hierdie gebied van die regte te beantwoord.
Maandag 8 Augustus 2016
Arbeidsregkenner Hugo Pienaar gesels oor die Wet op Gelyke Indiensneming, diskriminasie in die werkplek en gelyke betaling vir gelyke werk.
Maandag 6 Junie 2016
Arbeidsregkenner Hugo Pienaar kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee om te gesels oor hierdie gebied van die reg wat beide werknemers en werkgewers dikwels laat struikel.
Maandag 23 Mei 2016
Arbeidsregkenner Johan Botes gesels verder met Igna Klynsmith en Ian Wessels oor aspekte van die Arbeidsreg, soos wanneer mag ‘n werkgewer jou vorige kriminele oortredings in ag neem voor hy jou aanstel. En hoe werk handelsbeperkings wat ‘n werknemer verhoed om ná bedanking sy eie besigheid te begin? Hy bespreek ook ‘n hofsaak wat die grense van seksuele teistering wyer trek as wat baie mense besef.
Maandag 16 Mei 2016
‘n Arbeidsregspesialis, Johan Botes, verduidelik wanneer jou werkgewer betrokke kan raak, selfs as jy jou oor ‘n naweek in jou vrye tyd wangedra. Hy gesels ook oor werknemers wat hulle bes doen, maar steeds net nie werksdoelwitte kan haal nie.