Langtermyn behandeling van depressie is onvoldoende in SA


Terwyl baie mense vrolik is en die feestyd geniet, is daar ook baie mense met donker gedagtes van selfdood, en nie meer kans sien vir die lewe nie.

In die vierde episode in die reeks ‘Laat die lig in’ fokus ons op kliniese, wetenskaplike feite oor depressie en Prof Lizette Rabe deel meer persoonlike inligting en dinge wat haar help om die dood van haar seun te verwerk.

Deel 1:

Deel 2:

In die derde episode in die reeks ‘Laat die lig in’ vertel die bekende joernalis Willemien Brümmer hoe sy haar angstigheid, wat soms verlammend en oorweldigend kan wees, bestuur. Sy vertel wat vir haar help, hoe sy begin draf het, en hoe belangrik stories en skryf vir haar is.
Die program word opgedra aan haar pa, prof Guillaume Cornelis Langenhoven Brümmer, wat op 4 Januarie oorlede is en wat Willemien die ‘eintlike storieverteller’ noem.

Luister ook

Luister ook na die eerste twee episodes in die reeks ‘Laat die lig in’ om mense met donker gedagtes en wat sukkel met depressie en angstigheid hoop te gee deur die vertellings van drie vroue wat regstreeks deur hierdie siekte getref is.

Prof Lizette Rabe

Deel 1: Drie formidabele vroue, prof Lizette Rabe, Willemien Brummer en Sophia van Taak, het regstreeks te doen gekry met selfdood, depressie en angs, en deel hul insigte oor wat hulle geleer het en wat vir hulle gewerk het.

 

 

Deel 2:
Laat net die lig in, sê Sophia van Taak, wat al self ’n einde aan haar lewe probeer maak het. As jy in hierdie tyd nie kans sien vir die slae van die lewe nie, kry hulp, want daar wag nog ’n wonderlike, onvoorspelbare avontuur met die naam ‘lewe’ op jou. Laat net die lig in.