Asteroïd kan Tafelberg platvee


Wat sou gebeur as ‘n komeet op Tafelberg val? Dit is ‘n vraag wat ‘n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het.

Daar is ook ‘n gesprek oor die verskil tussen ‘n meteoor en ‘n komeet.

Is daar ‘n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde?

Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.