Asteroïede tref Jupiter


‘n Voorwerp, waarskynlik ‘n asteroïede, het Dinsdag in ons sonnestelsel se grootste planeet, Jupiter, ingeval. Ons praat hieroor met Clyde Foster, wat Jupiter deurgaans fyn dophou.

Is daar klank in die ruimte? Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word.

Daar word ook gesels oor een van die Hubble-teleskoop se beroemdste foto’s – die Hubble Ultra Deep field.