ATKV vereer Martelize met oorkonde


Die ATKV het ‘n oorkonde aan Martelize Brink toegeken ‘vir die wyse waarop sy Afrikaans leef, dink en praat en soveel lewens aanraak en inspireer’.

Martelize het dié eer só beskryf:
“Dit was vir my ‘n groot voorreg om onlangs ‘n oorkonde van die ATKV te ontvang vir my bydra tot Afrikaans. Ek stap al ‘n lang pad met die ATKV as seremoniemeester.”

Martlize is in die verlede reeds met 11 Atkveertjies deur die kultuur- en taal organisasie bekroon.

Van links na regs: Dirk Breytenbach (Voorsitter Drakenstein Sakekamer), Francis Nieuwoudt (Algemene Bestuurder Drakenstein Sakekamer), Tharina Schweidler (Voorsitter ATKV-tak Wellington), Sonél Brits (Bestuurderende Direkteur ATKV-MSW), Almero Oosthuizen (ATKV Streeksbestuurder: Boland & Karoo)