Begin jou eie sake-onderneming só


Danie Bezuidenhout van Bizstarters vertel wat jy nodig het om jou eie besigheid te begin, en moedig entrepreneurs aan om die regte advies in te win. Pieter Senekal van Senfin Business Services praat oor die gevaarligte waarop jy moet let wanneer jy op soek is na ‘n boekhouer. Hy gee ook wenke vir wanneer jy jou eie boekhoubesigheid wil begin.