‘Bloedbad’ in Gauteng se welsynsektor


Die hoof van een van Gauteng se grootste welsynsorganisasies sê die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling se voetesleep met die uitbetaling van subsidies, het ‘n “ongekende bloedbad” tot gevolg. Die Gauteng Care Crisis Committee, wat welsynsorganisasies in die provinsie verteenwoordig, sê die krisis sal tot ‘n tweede Life Esidimeni-tragedie lei. Ons praat hieroor met Lisa Vetten, voorsitter van die Care Crisis Committee.