Boeke vir jou Kerslysie


Wonder jy watter boeke jy vir die lesers in jou lewe moet koop? Ilse Salzwedel se gaste het ‘n hele klomp voorstelle. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor haar gunsteling Afrikaanse romans vir 2022 en skrywer en oud-uitgewer Kerneels Breytenbach vertel van die vyf boeke bo-aan die afgelope jaar se leeslysie.

Johan Myburg gesels oor tien van die boeke op TIME se lys van 100 beste boeke vir vanjaar,  en jy kan ook meer uitvind oor die boeke wat die afgelope 125 jaar die meeste uitgeneem is by die Brooklyn-biblioteek in New York.