Boekeredakteurs se gunstelingboeke van 2022


Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, en Deborah Steinmair, boekeredakteur van die VRYE WEEKBLAD, gesels oor ‘n klompie van hulle gunstelingboeke van 2022.

Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vertel van die 12 skrywers wat aangewys is as 2022 se skrywers vir die Britse Royal Society of Literature se RSL 200-lys. Hy bespreek ook die sterk uitsprake oor sensuur wat die Nigeries-Amerikaanse skrywer, Chimamanda Ngozi Adichie, tydens die Reith-lesing op BBC Radio gemaak het.