Boere kan hul vee só teen luiperds beskerm


Luiperds verdien om in bewondering beskerm te word, sê dr. Chavoux Luyt van die Cape Leopard Trust. Sy dagtake sluit in om met boere te skakel, die aanbied van werkwinkels, en om produsente touwys te maak oor die beskerming van hulle vee. Navorsing oor roofdiergedrag is onlangs in ‘n boek vervat, wat in samewerking met CapeNature saamgestel is.

Vroegoggend: Luiperd drink water by die Chobe rivier