Bome in stede is waardevol vir almal


Bome langs die St Martin kanaal in Parys

Dr. Ruhann Steyn van die Noordwes-Universiteit praat oor die waarde van bome in stede, en die moderne “dienste” wat deur bome verrig word wat so lank terug as die Victoriaanse era geplant is.

Bome koel die omgewing af, stel suurstof vry en verfraai. Die waarde van bome in ‘n stad is baie groter as wat baie besef.