Vergroen jou Dorp: Bosveld en Laeveld, deel 1 – 4
Vergroen jou dorp: Bosveld en Laeveld, Deel1 (11 Des 2021)
In My Mooi Dorp wil ons dorpenaars help om hul dorpe weer modeldorpe te maak en die gemeenskap florerend. Een van die maniere om jou dorp te verfraai, is om die bome en plantegroei van jou streek aan te plant. Nie net om sagtheid te skep nie, maar ook koelte, en vrugte om te eet. En om suurstof te produseer en koolsuurgas uit die lug te verwyder.
Dr Ernst van Jaardveld, bekende plantkundige verbonde aan Babylonstoren, deel sy wye botaniese kennis.
Luister na die potgooi van deel 1:
Die inhoud van deel 1:
Wat is ‘n bioom?
‘n Bioom is ‘n gebied wat vanweë hulle klimaat, grondtipe, reënval, ryp, winde, hoogte bo seespieël ander faktore dieselfde tipe plantegroei en diere ondersteun. Plante is aangepas by die klimaat en diere en die diere is aangepas by die plantegroei en klimaat.
Dit is die heel beste om bome en ander plante wat in jou streek/bioom aard, aan te plant, verduidelik plantkundige dr Ernst van Jaarsveld, eers van Kirstenbosch en tans van Babylonstoren.
Suid-Afrika het sewe belangrike biome.
Ons gaan die biome van noord na suid, oos na wes, bespreek. Die eerste bioom wat aandag kry, is die Bosveld en Laeveld, oftewel die Savanna of Grasvlakte.
Die onderstaande teks en besonderhede is opgestel deur Dr Ernst van Jaarsveld. Hy het ook die pragfoto’s verskaf.
BOSVELD en LAEVELD (ook bekend as Savanna of Grasvlakte)
Dorpe in die bioom
Polokwane, Musina, Makhadu, Alldays, EllisRas, Tzaneen, Hoedspruit, Mbombombela (Nelspruit)
Ook dele soos Pongola, en van die noordelike Zoeloeland en dan ook binnelandse Kalahari dele met sy mooi kameeldoringbome.
Klimaat
Baie warm klimaat met somer reenval, en gematigde warm winters wanneer die plante rus. Die mooi helder blomme van soveel plante helder die winter hier op. Dink maar aan die mooi aalwyne en plakkies wat blom. Winters ook mooi met die onderskeie argitektoniese vorms van die blaarlose bome (kremetart, kanniedood). Ryp soms, maar groot dele rypvry of met baie ligte ryp.
Reënval min of meer 300-600 mm per jaar
Internasionale bydra van bosveld plante in wêreld siertuinbou
Barberton Madeliefie (Gerbera jamesonii), vlamlelie (Gloriosa superba), impala lelie (Adenium multiflorum), koraalboom (E. lysistemon), koorsbome, ikone van die bosveld.
Die bruikbare Afrika tiemie (Coleus amboinicus) wat ‘n rank vetplantsoort is en sy blare in kos en slaai gebruik kan word.
Ryk plantdiversiteit en seker die boomrykste deel van ons land.
Die dele onder 1000m kenmerkend met Kremetart, kanniedood, doringbome, onderskeie naboomsoorte, baie aalwyn en vetplantsoorte.
Struktuur
Plantegroei bestaan uit bome, struike en grasveld wat ons bosveld noem.
Die deel bestaan uit mooi sambreelagtige gewoonlik doring en ander mooi bosveldbome soso kiaat (Pterocarpus angolensis), raasblaar soorte (Combretum zeyheri, C. apiculatum), (Heteropyxis natalensis).
Baie van die bome is bladwisselend met mooi herfskleure soos die raasblaarsoorte, knoppiesblaar.
Grond is baie belangrik
Klei of sand. Alles begin by grond en grondvoorbereiding baie belangrik. Die gat moet 2x die volume van die boom in sy sak. Beenmeel (2 handevol) onder in gat, meng kompos met grond en vul. Benat goed en vestiging uiters belangrik die eerste 2-3 jaar, maar as die boom eers goed groei is hy selfonderhoudend.
Klei deel : Maroela (Sclerocarya), knoppiesdoring en onderskeie ander doringboom soorte, en boerboon (Schotia brachypetala)
Sanderige grond: raasblaar tipes soos Combretum, sandvaalboom (Terminalia sericea) almal met groter blare en by die sandgrond aangepas.
Vestiging
Om ‘n tuin of park te vestig, is dit belangrik om eers ‘n plan te teken en aan te dui waar jy bome wil plant. Dan volg die struike en dan die grondbedekkers en ander plante. Maar om ‘n tuin gou te vestig, is dit belangrik om beide vinniggroeiende (die pioniers) en stadiggroeiende bome en ander plante tegelyk aan te plant. Jy moet dus jou beplanning verdeel tussen pioniers en stadige groeiers.
Pioniers is vinniggroeiende pioniersoorte.
Inheemse plante van die Bosveld en Laeveld, deel 2 (18 Des 2021)
Luister hier na die potgooi van deel 2:
Vinniggroeiende Bome en struike: Doringbome soos koorsboom (A. xanthophoea, A. nilotica, A. galpinii), soetdoring (Acacia karoo), sandvaalboom (Terminalia sericeae), geelkeurboom (Calpurnea aurea), vanwykshout (Bolusanthus speciosus), Blompeer (Dombeya rotundifolia, D. burgesiae), papierbasdoring (Acacia sieberiana woodii ) met ligte skadu en ideaal vir grondbedekkers.
Vinniggroeiende grondbedekkers: Coleus neochilus, Coleus amboinicus, skindersalie (Plectranthus verticillatus), Coleus mutabilis, Sekoekoeniesalie (Coleus venteri).
Langertermyn grondbedekkers: Plant skoonma-se-tong (Sansevieria soorte) as grondbedekker S. aethiopicum, gemsbokhoring (S. pearsonii), S. hyacinthoides, spikkelblaaraalwye (A. transvaalensis, A. chabaudii,
.
Rotstuine en bosveldvetplante: aasblomme (Stapelia gigantea, S leendertiziae, S. gettlefii), zebrablommetjie (Huernia zebrina) bosveld olifansvoet ( Adenia glauca, Adenia spinosa, A. fruticosa) bosveldplakkie (Cotyledon barbae), Kalanchoe sexangulare, K. paniculata, plakkies (Crassula spp.) aalwyne (A. aculeata), bergaalwyn (Aloe marlothii) knoppiesaalwyn (A. globuligemma), Wylliespoort aalwyn (A. angelica), Aloe petrophila, Aloe vanbalenii, Aloe spicata, koedoelelie (Pachypodium saundersiae), vetsakboom (Sesamothamnus lugardieae), impalalielie (Adenium multiflorum), wildedruiwe (cissus rotundifolius, C. cactiformis), noors en naboomsoorte (Euphorbia griseola), Grootdoringnoors (Euphorbia grandicornis), bontnoors (E. grandialata) bosveld vygie (Delosperma lebomboensis, D. lydenburgensis, D. ryleyi), grondorgidee, Eulophia petersii
Groot soorte naboom en verwante (giftige melksap)
Eenjariges; Vingerhoedblom, Aeollanthus suaveolens.
Meerjariges
Bome
Worsboom (Kiggelia africana), Vanwykshout (Bolusanthus speciosus), dopperkiaat (Pterocarpus rotundifolius), kiaat (Pterocarpus angolensis), Laeveld kiepersol (Cussonia spicata), bosveldkiepersol (C. transvaalensis), haakdoring (Acacia caffra), Kameeldoring (A. erioloba ), haak en steek (A. tortilis, engelsedoring (A. robusta), koorsboom (A. xanthophloea), anaboom (A. albida), knoppiesdoring (A. nigrescens), sambokpeul (Cassia abbreviata), Senna petersiana, Mopane (Colophospermum mopane), huilbos (Peltophorum africanum), jakkkalsbessie (Diosperyos mespiliformis), Matumi (Breonadia microcephala) maroela (Schlerocary birrea), Nyala (Xanthocercis zambesiaca) rooiessenhout (Trichilia emetica), bergmahonie (Entandrophrama caudatum), wide vye (Ficus sycomorus), Laeveld kastaiiing (Sterculia murex) (eetbare vrugte) witsering (Kirkia aciuminta), rooibos (Combretum apiculatum), grootblaarrotsvy (Ficus soldanella), rooiblaarwildevy (Ficus ingens), wonderboomvy (Ficus saliciaolia), harigerotsvy (F. glumosa), knoppiesblaar (Galpinia transvalica) appelblaar (Lonchocarpus capassa), wilde mango (Cordyla africana), stamvrug (Chrysophyllum magalismontanum), valsdoring (Albizia versicolor), doringkatjiepering (Hyperocanthus amoenus), Kei- appel, Kaapse kastaiing (Calodendrum capense) en die geelhout (Podocarpus falcatus),
Inheemse plante van die Bosveld en Laeveld, deel 3 (1 Jan 2022)
Struike
Jembekkie (Ruttya fruticosa) rooi ruspolia (Ruspolia hypocrateriformis), sonbekkiebos (Metarungia longistrobus), klokkieskatjiepiering (Rothmannia globosa), snuifkalbassie (Oncoba spinosa), Witbarleria (Barleria albostellata), Rooi barleria (Barleria bracteata, B. coccinea), spekboom (Portulacaria afra), wildeparasolblom (Karomia speciosa), grootblaarkerriebos (Hypericum rooperianaum), Natal katjiepiering (Gardenia cornuta), kruisbessie (Grewia occidentalis), tontelhout (Rotheca glabrum), noemnoem (Carissa bispinosa), kaapse kamferfoelie (Tecoma capensis). Barberton senecio (S. barbertonicus), bruidbosse (Pavetta spp, soos P. gardeniifolia), Fynblaarysterhout (Ochna serrulata), bosveld heuningklokkies (Freylinia tropica), Afrikaanse hondroos (Xylotheca kraassiana), gemmerbos (Iboza riparia), Plecrtanthus xerophilus, willekalwerbossie (Dissotis canescens), Dwerg koraalboom (Erythina humeana), bergsering (Kirkia wilmsii), vaalrosyntjie (Grewia flava), kruisbessie (G. occidentalis), bosbeesklou (Bauhinia tomentosa).
Rankers
Trots van die kaap (Bauhinia galpinii), vlamklimop (Combretum microphyllum), hikklimop (C. bacteosum), gemsbokboontjie (Tylosema esculenta of T. fassoglense), wilde jasmyn (Jasminum multipartitum), klimop (Clematis brachiata), Aaron se staf (Tinospora fragosa), vetstingeldruif (Cissus cactiformis), vetblaardruif (C. rotundifolius), slang-ghapie (Ceropoegia stapeliiformis) ranknoemnoem (Carissa edulis), wilde-appelkoos (Landolphia capensis), Adenia fruticosa.
LUISTER hier NA DEEL 4: (8 Jan 2022)
‘n Plant wat soos ’n grasperk onder in ’n visdam groei en die water suiwer, Swazi- en Bereagras wat in Bosveldse tuine in die skadu groei, en mooi water- en bolplante is enkele van die interessanthede in vandag se gesprek met dr. Ernst van Jaarsveld oor die vergroening van jou dorp.
Bolle en orgidee
Bosveld-maerman (Drimia epigea), bosveld tjinkerentjee (Ornithogalum saundersiae), gifbol (Boophone disticha), rivierlelsies (Crinum macowanii, C. bulbispermum), rooirivierlelie (Hesperantha coccinea), Mopane-orgidee (Ansellia africana), bosveld-orgidee (Eulophia petersii, E. leachii), Eulophia angolensis, E. horsfallii, E. welwitschiii).
Waterplante
Waterlelies (Nymphaea nouchalii), wateruintjies (Nymphoides indica), papirus (Cyperus papyrus), dwergpapirus (Cyperus prolifer), rivierpampoen (Gunnera perpensa), skurweblaarvy (Ficus capreifolia), dwergvy (Ficus pygmaeum), palinggras (Vallisneria spiralis).
Argitektoniese plante
Modjadje palm (Encephalartos transvenosus), Kremetart (Adansonia digitata), Bosveld olivantsvoet (Adenia glauca, A. spinsa, A. fruticosa), Naboomsoorte (Euphorbia ingens, E. cooperi, E. excelsa, E. sekukuniensis), Sterkastaiing (Sterculia rogersiae), impalalelie (Adenium multiflorum), Swazie-impalalelie (Adenium swazicum), koedoelelie (Pachypodium saundersiae), groenstamkanniedood (Commiphora marlothii), rooistamkanniedood of vervelboom (Commiphora marlothii), vetsakboom (Sesamothamnus lugardii), Olifantsrivier drakeboom (Dracaena transvaalensis), bergaalwyn (Aloe marlothii), Wyliespoort aalwyn (Aloe angelicae), bottelborselaalwyn (Aloe rupestris) wilde dadelpalm (Phoenix reclinata), lalapalm ( Hyphaene natalensis), boralssuspalm (Borassus flabellifolius).
Grasse
Buffelsgras (Panicum sp.), haasgras (Menilis repens).
Grasperke
Swaziegras (Digitaria didactyla)
Durban of Bereagras (Dactyloctenium australe)
Lees en luister ook na die vorige programme oor bome:
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?
Lees en luister ook na ander onderwerpe in MY MOOI DORP
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?
Hoe werk elektrisiteitsvoorsiening in dorpe en waar loop dinge skeef?
Wat moet SA doen om moderne en goedkoper sonkrag te verskaf?