Brandwonde 101


Dit is een van die pynlikste en verminkendste ervarings om ernstige brandwonde op te doen. Hoe lank hou die vel nog aan met brand ná die brandvoorval? Hoe besluit ’n dokter hoe diep en ernstig ’n brandwond is? Wanneer kom oorlewing in gedrang? Hoe ver het die wetenskap gevorder met veloorplantings en ander behandelingsmetodes dat die diep brandwond so goed as moontlik genees en die vel nie styf en onelasties word nie?

Marí Hudson praat met prof Heinz Rode, emeritus professor aan die Universiteit van Kaapstad en een van die land se voorste brandwondkenners.