Bring hoop en warmte te midde van die winter


RSG is hierdie jaar weer betrokke by die Winterhoop veldtog en ons nooi jou uit om iemand se koue winter ‘n bietjie warmer te maak.

Die doel van Winterhoop is om gemeenskappe in nood dwarsoor die land op ‘n verantwoordelike manier te ondersteun  gedurende die koudste maande van die jaar. Winterhoop samel nie-bederfbare voedsel, warm klere en komberse in by ongeveer 140 versamelpunte deur die land. Van hier word dit dan in die plaaslike gemeenskap na die mees weerloses versprei.

Winterhoop het die afgelope 20 jaar in omvang en impak gegroei. Vanjaar se vennote staan onder leiding van PEN (Pretoria), MES (Johannesburg, Kempton Park, Port Elizabeth, Kaapstad), Torings van Hoop (Bloemfontein), en die KZN His Hands (Durban). Aflaaipunte is opgestel vir maklike toegang in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Bloemfontein, sowel as kleiner dorpe in ander areas.

Fondse wat gedurende dié veldtog in Winterhoop se rekening gedeponeer word, sal tussen die vier organisasies verdeel word. Die geld sal gebruik word om programme vir die mees weerloses asook hawelose gemeenskappe te ondersteun.

Kontantskenkings is ook welkom en kan deur Snapscan, EFT of PayFast gemaak word via die Winterhoopwebtuiste (https://winterhoop.org/), of direk in die volgende rekening:

Winterhoop,
ABSA-taknommer 632005,
Spaarrekeningnommer 906 892 5251

(18-A-belastingvoordeelsertifikate kan uitgereik word soos benodig).
Skakel in op Intussen met Eloise gedurende Junie, om te hoor hoe sy ook gaan betrokke raak.