Caster het nie 12% voordeel soos mans nie


Caster Semeya in aksie

Die Hof vir Arbitrasie in Sport het Suid-Afrika se Olimpiese en Wêreldkampioen in die 800-meter, Caster Semenya, se appèl teen beoogde nuwe reëls vir vroue-atlete, van die hand gewys. Emosies loop hoog ná dié beslssing – wat nou beteken dat die IAAF se nuwe reëls wat ‘n perk stel op die natuurlike testosteroonvlak van vroue wat in wedlope van tussen 400- en 1500 meter deelneem – van 8 Mei in werking sal wees.

Maar wat is die wetenskaplike bewyse vir of teen die besluit? En waar pas iemand soos Caster Semenya in op die spektrum tussen man en vrou? En kan verhoogde testosteroonvlakke werlik tot beter sportprestasie lei? Hoe groot is hierdie voordeel? Geld dié voordeel vir Caster Semenya en kan die voordeel gemeet word?

Marí Hudson het met die internasionaal-erkende sportwetenskaplike, prof. Ross Tucker, gesels. Hy het self in Lausanne aan die Hof vir Arbitrasie in Sport, wetenskaplike studies voorgelê.

Hier is Deel 1 van die gesprek:

Hier is deel 2 van die gesprek:

Wat sal gebeur as Caster Semenya middels neem om haar testosteroonvlakke te verlaag? Kan haar voordeel in dieselfde asem genoem word as groot voete vir swemmers en lang lywe vir basketbalspelers? Dít is van die vrae wat beantwoord word in die tweede aflewering in die kort reeks oor die Caster Semenya/Testosteroon/IAAF-kwessie. Marí Hudson gesels met ‘n sportwetenskaplike oor dié komplekse saak.