Clanwilliam se mooiste veldblomme


Verlede jaar is Clanwilliam se veldblomskou weens droogte afgestel. Vanjaar blom die veld dat dit bars.

Daar is veldblomme, soos die blou tulp, ‘n geel bobbejaantjie, en twee skaars tipes donkiebosse wat op die rooi data-lys is en die bruidsklokkies, wat jare laas te sien was, by die blomskou. Dit het te doen met die spesifieke reënval en wanneer die reën geval het vanjaar. Dit is ook interessant om te kon waarneem dat, alhoewel dit nie so ‘n nat jaar was nie, dat die blomme en plante geblom het so al wat hulle kan om hulle oorlewing te verseker.

Van elke veldblom of -plant wat daar in die landskapuitstalling “geplant” word, word daar ‘n spesie in die spesiekamer (die konsistorie van die Blomkerk) geplaas, sodat diegene wat wil, meer kan gaan uitvind oor die plante en blomme waarin hulle belangstel.

Luister na die gesprek op Oggend op RSG vir meer inligting oor die veldblomskou van 24 Augustus tot 2 September.

Daleen Schoombee vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van skaars blomme wat ná die droogte weer hulle verskyning by die Clanwilliam Veldblomskou maak.

Julle is ook baie welkom om te kyk op ons Facebook-blad: Clanwilliam Wildflower Show en ook op Instagram.

Binne die Blomkerk.

Die klein wit blommetjies is die bruidsklokkies.

Die pers tulp

Geel handjies

Oupa en sy pyp

Pers viooltjies

Die donkiebos

Binne die blomkerk.