COVID-19: SA se regulasies


Die jongste oor die regulasies wat tans in Suid-Afrika geld

Weet jy watter regulasies tans in Suid-Afrika van toepassing is en hoe dit toegepas word. Weet jy waar en hoe om aan te meld as jy simptome toon? Weet jy wie mag reis en wie nie? Of wat die Arbeidsreg oo COVID-19 sê? Luister ook wat sê kundiges op Praat Saam en ander programme.

24 April 2020:

Vanaf 1 Mei beweeg Suid-Afrika na Vlak 4 van inperking. Hier is meer inligting:

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/risk-factors-9-major-takeaways-from-ramaphosas-lockdown-speech-20200424

‘n Uiteensetting van Vlak 4 van inperking.

22 April 2020:

Lees Pres Cyril Ramaphosa se volledige toespraak oor sy aankondiging oor ekonomiese hulp hier: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2020-04-21-in-full-president-cyril-ramaphosas-speech-on-r500bn-rescue-package-and-covid-19-lockdown-ending-in-phases/

27 Maart: In die lig van die verwarring oor die reëls wat tydens die inperking geld en presies wat toegelaat word en wat nie, praat Amore Bekker met Ben Groot, ‘n prokureur van Durbanville.

Praat Saam: Vrydag 27 Maart 2020

Die Departement van Arbeid oorweeg ‘n aantal ingrypende regulasies om die gevolge van die coronaviruspandemie op werkers te beperk. Die regulasies oor vergoeding vir werkers wat die virus in die werkplek opdoen, sluit onder meer verlengde siekverof in vir werkers met beperkte siekverlof. Geregistreerde werkers wat weens die coronavirus hulle werk verloor, sal vir drie maande werkloosheidsversekering ontvang. Die uitbetaling van voordele aan naasbestaandes van werkers wat aan die siekte sou sterf, word ook oorweeg. Sommige werkers kla egter dat hulle werkgewers hulle nie kan dwing om onbetaalde verlof te neem nie. Wat is die impak wat die inperkings op werkgewers én werknemers het?

26 Maart 2020: SA het teen 20:00 927 bevestigde gevalle.

Só werk die virus: Wat die virus doen, hoe dit aansteek en die voorsorgmaatreëls wat jy kan tref.

Spektrum, Donderdag 26 Maart 2020

Suid-Afrika het, volgens die jongste inligting, 709 COVID-19 gevalle. Niemand is dood nie en twaalf mense het reeds herstel.Intussen is ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaners gemaak voordat 21 dae van afsondering afskop en die owerheid in Limpopo waarsku dat diegene wat uit die stede vlug, die gevreesde COVID-19 virus na dié provinsie versprei. Maar inowers vlug steeds uit stedelike gebiede. Ons kyk wat op die land se paaie gebeur.

Donderdag 26 Maart 2020

Die agentskap vir maatskaplike sekerheid, Sassa, sê maatskaplike toelaes aan ouer mense en mense met gestremdhede sal vandeesmaand vroeër beskikbaar wees om te verhoed dat groot groepe mense by betalingspunte saamdrom. Dit word op 30 en 31 Maart uitbetaal. Wie sien om na die kwesbares in ons gemeenskap wat meer vatbaar is vir Covid-19?

Donderdag 26 Maart 2020

Die verkoop van drank word tydens die afsonderingstydperk verbied; Wêreldwyd word weermagte gevra om die verspreiding van die Corona virus te help bestuur; Distriks-munisipaliteite in die Wes-Kaap sal voortgaan om noodsaaklike dienste te lewer; en Landbouorganisasies maan boere om ekstra waaksaam te wees tydens die inperking.

Woensdag 25 Maart 2020

Die Olimpiese Spele word met ‘n jaar uitgestel. Watter impak het COVID-19 op boere en plaaswerkers? En ‘n algehele inperking is gistermiddag in twee streke van Nambië afgekondig.

Kompas, Donderdag 26 Maart 2020

Die coronavirus veroorsaak groot ontwrigting. Skole en universiteite is gesluit, en die land gaan 21 dae lank ingeperk word. Arehan Brand gesels met leerders oor hoe hulle hulleself besig hou in hierdie tyd en hoe hulle leer. Albert van Wyk, ‘n entrepreneur en skrywer van die boek Millionaire at 22, het raad oor hoe jong entrepreneurs kan floreer in dié tydperk.

Nuusflitse 26 Maart
Twee LUR’e van Limpopo wat met die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, in aanraking was, het hulself onder kwarantyn geplaas nadat Molokwane positief getoets het vir Covid-19. Die LUR vir Onderwys, Polly Boshielo, het op sosiale media aangekondig dat sy en die LUR vir Sport, Thandi Moraka, verlede week met Molokwane in aanraking was. Molokwane het onlangs van Brittanje teruggekeer. Die LUR’e toon nog geen simptome nie en sê hulle sal later vir toetse gaan.

‘n Vakbond wat huiswerkers verteenwoordig, SADSAWU, het sy kommer uitgespreek oor werkgewers wat nie hulle werkers by die Werkloosheidsversekeringsfonds geregistreer het nie. Dié werknemers kan dus nie werkloosheidsversekering eis nie. Huiswerkers maak hoofsaaklik staat op weeklikse of maandelikse vergoeding. Die adjunkhoofsekretaris van SADSAWU, Eunice Dhladhla, het ‘n dringende beroep op werkgewers gedoen om hul huiswerkers gedurende dié afsonderingstydperk onderdak te gee en hulle steeds te betaal. Dhlahdla sê hulle pleit by werkgewers om werknemers tegemoet te kom.

Praat Saam, Woensdag 25 Maart 2020

Vanaf Donderdag 26 Maart om middernag sal die land vir 21 dae in ‘n noodtyd van inperking wees om die verspreiding van die corona-virus te keer. As jy nie deel uitmaak van noodsaaklike dienste nie, moet jy in jou huis bly. Indien jy uitsluip of die wet verontagsaam, is daar gevolge. Ons gesels oor die regsaspekte van inperking soos afgekondig deur die president.

Spektrum, Woensdag 25 Maart 2020

In die program … Daar is steeds heelwat onduidelikheid oor presies wat die land se inperkings-regulasies behels – ‘n Ontleder verduidelik waarom die proses so lank vat.. Sommige van die land hoofroetes is besiger as gewoonlik soos mense na hul huise terugkeer voor die drie weke van afsondering begin…. Ons kry ‘n oorsig van die situasie Suid-Afrika kan moontlik binnekort self toetse vir die COVID19-virus vervaardig en die sogenaamde Pasient 31 in Suid-Korea, is ‘n voorbeeld van hoe een persoon, die Coronavirus na duisende mense kan versprei, ons kyk na die storie

Woensdag 25 Maart 2020

Die Olimpiese Spele word met ‘n jaar uitgestel. Watter impak het COVID-19 op boere en plaaswerkers? En ‘n algehele inperking is gistermiddag in twee streke van Nambië afgekondig.

Woensdag 25 Maart 2020

Sielkundige Dr. Serahni Symington van Durbanville vertel hoe om kinders gerus te stel in dié moeilike tyd.

Monitor, Dinsdag 24 Maart 2020

In die Tweede halfuur van Monitor… Die 21 dae afsonderingstydperk sal oormôre om middernag in werking tree. In reaksie op die regering se nuwe regulasies praat ons met die ekonoom, Dawie Roodt en die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp. Intussen gaan die regering die skandering en toetsing van mense verskerp om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Monitor Deel 2, Dinsdag 24 Maart 2020

Die 21 dae afsonderingstydperk sal oormôre om middernag in werking tree. In reaksie op die regering se nuwe regulasies praat ons met die ekonoom, Dawie Roodt en die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp. Intussen gaan die regering die skandering en toetsing van mense verskerp om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

24 Maart: RSG Kuns

Die impak van die virus op die uitvoerende kunste. Ismail Mahomed, die bestuurshoof van die Markteater, gesels oor die uitdagende tyd wat voorlê vir die uitvoerendekunstebedryf.

Dinsdag 24 Maart 2020: Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert praat met kliniese maatskaplike werker Sorika de Swardt oor die Corona-pandemie wat wêreld in sy wurggreep het. In ‘n krisis skop jou beskermingsmeganismes outomaties in, maar jy kan nie konstant in daardie veg-of-vlug-gevoel leef nie. Hoe kan jy stil word en asemhaal binne die krisis wat ons tans beleef?

23 Maart 2020: Die NICD rapporteer op Twitter dat die aantal COVID-19 infeksies vir Suid-Afrika staan tans op 402 bevestigde gevalle. 128 nuwe gevalle sedert gister se aankondiging.

Die NICD doen ‘n beroep op die publiek om aan te hou om handhigiëne, hoesetiket en sosiale afstand te beoefen om COVID-19 infeksies te voorkom.

Vir meer inligting kontak die COVID-19-blitslyn: 0800 029 999 of Whatsapp: 060 012 3456.

Monitor, Maandag 23 Maart 2020

Die kredietgraderingsagentskap, Standerd and Poor voorspel dat die wêreld ekonomie in ‘n resessie beweeg weens die Covid-19 pandemie. Standerd Bank bied ‘n drie maande lening-betalings ruskans aan verbruikers.Ons praat met een van die eerste pasiënte in Suid-Afrika wat met die Covid 19-virus gediagnoseer is.En Taiwan stel maatreëls in plek om die Covid 19 pandemie te bestuur.

Maandag 23 Maart 2020

‘n Waterskeiding-uitspraak hou gevolge in vir die dekking van die Covid-19 pandemie; En hoe onderskei ‘n mens tussen waarheid en versinsel oor die Covid-19 virus?

22 Maart 2020: Die aantal COVID-19 infeksies vir Suid-Afrika staan op 274. Dit beteken 34 bykomende gevalle het positief getoets vir COVID-19. Van die 274 gevalle, het 208 (76%) ‘n geskiedenis gehad van reis in gebiede waar COVID-19 sirkuleer. Die meerderheid nuwe infeksies is egter afkomend van mense sonder ‘n internasionale reisgeskiedenis.

Die Oos-Kaap provinsie het sy tweede positiewe geval aangeteken. Die meerderheid van die nuwe infeksies is in die Wes-Kaap aangemeld, 14, wat die totaal vir die provinsie op 88 gevalle bring.

Die verkoop, verskaffing en vervoer van drank is verbode ingevolge die regering se streng nuwe maatreëls wat in die Staatskoerant afgekondig is, in ‘n poging om die verspreiding van die coronavirus te bekamp. Alle restaurante, kroeë en ander instansies wat drank op hulle persele verkoop, moet gesluit wees tussen sesuur saans en negeuur die volgende oggend. Dit geld vir weeksdae en Saterdae. Op Sondae en openbare vakansiedae moet sulke plekke van eenuur die middag af gesluit wees.

Meer as duisend-700 passasiers en bemanningslede van die passasierskip – AIDAmira – wat die afgelope dae in die Kaapstadse hawe voor anker lê, sal van vandag af die skip mag verlaat. Ses medepassasiers, wat in afsondering was, se toetsuitslae toon dat hulle nie die virus het nie.

Die eerste gevalle van die coronavirus in die Tuinroete is bevestig nadat ‘n paartjie van Knysna positief getoets het. ‘n Raadslid van Knysna, Peter Myers, het op sy Faceboek-bladsy aangekondig dat hy en sy vrou in kwarantyn is. Hulle het op ‘n onlangse reis na Europa, Switserland, Praag en Wene besoek. Myers sê hulle was in aanraking met distriks-, provinsiale en nasionale owerhede. Hy sê hulle het twee temperatuurtoetse op die OR Tambo-lughawe geslaag voordat hulle op 13 Maart in George aangekom het. Hulle het eers daarna simptome getoon en sal die volgende twee weke in afsondering bly. Suid-Afrika het tans 116 bevestigde gevalle, met 61 in Gauteng, die meeste van al die provinsies.

18 Maart 2020: SA = 116 gevalle.

Gesondheid op RSG: Wat presies weet ons nou van die nuwe coronavirus bekend as SARS-CoV-2? En van die siekte COVID-19? Muteer die virus? Hoe lank oorleef dit buite die liggaam? Kan enigiets buiten handewas en maskers vir nabye kontak help? Wat staan my te doen as ek sekere simptome ervaar? Marí Hudson gesels met Dr Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes by die Tygerberg Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch, oor die mediese aspekte van die virus en COVID-19.

Nuusflitse 18 Maart
Die Departement van Gesondheid sê die getal bevestigde gevalle van Covid19 in Suid-Afrika, het tot 116 gestyg. Dit beteken daar is sedert gister 31 nuwe gevalle bevestig. Sestien van die nuwe gevalle is in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, twee in Mpumalanga en tien in die Wes-Kaap. Ses van die nuwe gevalle het die virus op tuisbodem opgedoen. Dit bring die getal mense wat die virus opgedoen het sonder om na die buiteland te reis, op 14 te staan.

Die Busamed Lowveld-privaathospitaal in Mbombela in Mpuamalanga het alle operasies vir veertien dae opgeskort. Die hospitaal is Maandag gesluit nadat ‘n dokter positief getoets het vir die coronavirus.

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners om nie paniek-aankope te maak nie. Dit terwyl mense na winkels haas om noodvoorrade aan te koop nadat die gevalle van die coronavirus toegeneem het.

Ramaphosa het ook ‘n beroep gedoen vir nasionale eenheid om die verspreiding van die coronavirus te stuit. Hy sê alle politieke partye is daartoe verbind om saam te werk om Suid-Afrikaners veilig te hou.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het 162 vlugte tot die einde van die maand gekanselleer in reaksie op lae passasiersgetalle weens die Coronavirus-pandemie. Honderd-24 van die gekanselleerde vlugte, is streekvlugte en 38 is internasionale vlugte.

Die lugdiens SA Express het vroeër aangekondig dat werksaamhede van vandag af tot verdere kennisgewing opgeskort word weens die impak van die coronavirus-pandemie.

Luister ook:

Woensdag 18 Maart 2020, Praat Saam: Die mediadekking van Covid19, plaaslik en internasionaal.

17 Maart 2020: Die Covid-19 pandemie is steeds besig om vinnig uit te brei, veral in Europese lande.

Die aantal bevestigde gevalle het sedert 2 Maart van sowat 90 000 binne 15 dae verdubbel. Dit het 22 dae geneem om van 45000 tot 90 000 te verdubbel.

In Suid-Afrika staan die getal bevestigde gevalle op 64, terwyl dit ook in al meer lande in Afrika voorkom.

17 Maart, Praat Saam: Mediese kenners in Suid-Afrika waarsku dat mense met ‘n chroniese siekte hulle gesondheidstoestand moet monitor. In Suid-Afrika is ons op dag 2 van die nasionale krisis. Watter mediese bekommernisse het jy oor Covid-19?

In China het meer as 68 000 van die net meer as 80 000 siek mense reeds herstel en is slegs 21 nuwe gevalle die afgelope 24 uur aangemeld, terwyl Italië, Spanje, Duitsland, Frankryk, Switserland, Engeland, België, Nederland, Oostenryk en die Skandinawiese lande en ook die VSA nou die meeste nuwe gevalle aanmeld. Die virus het nou ook die Karibiese eilande bereik.

Al drie kampusse van die Noordwes Universiteit is van vandag af tot 29 Maart gesluit. Dit is een van die laaste hoë onderwysinstellings wat tot dié stap oorgaan om die verspreiding van die coronavirus te verhoed.

Tradisionele leiers in die Oos-Kaap het regeringsdepartemente versoek om bewusmakingsveldtogte oor die coronavirus in landelike gebiede van stapel te stuur. Die provinsie se voorsitter van die Huis van Tradisionele Leiers, hoofman Mwelo Nonkonyana, sê alle kulturele aktiwiteite sal streng gemonitor word om te verseker dat hulle voldoen aan die beperkings op saamtrekke.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad oftewel Santaco en die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sal môre by die Wanderers taxihalte in Johannesburg planne bespreek om taxihaltes te ontsmet en pendelaars te laat skandeer. Mbalula het gister aangekondig dat lukrake skandering by taxihaltes en treinstasies gedoen sal word in ‘n poging om die Coronavirus te bestry. ‘n Mediakonferensie sal daarna om tienuur gehou word.

Verbruikers word ontmoedig om paniekaankope te doen omdat die nuwe maatreëls vir grensbeheer slegs op individue van toepassing is. Die Minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, sê net die beweging van mense word beperk, en die maatreëls wat geïmplementeer is, sal nie ‘n negatiewe uitwerking op invoere hê nie. Hy sê kritieke nywerhede soos gesondheidsorg en die verskaffers van voedsel en drank, sal verseker dat die verskaffingsketting nie ontwrig word nie.

Verskeie kerke en godsdiensgroepe het begin om ‘n 30 dae verbod op openbare byeenkomste te plaas. Honderde kerke oor alle gelowe heen het hul tradisonele kerkdienste vir eers afgelas, terwyl ander meer dienste met minder mense hou.

16 Maart: Pres Cyril Ramaphosa het Sondag ‘n ramptoestand in Suid-Afrika afgekondig weens die COVID-19 bedreiging.

Lees sy volledige toespraak:
Hier: https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-03-15-covid-19-ramaphosa-declares-national-state-of-disaster-imposes-travel-bans/

of hier: https://www.moneyweb.co.za/news/south-africa/ramaphosa-addresses-the-nation-on-covid-19/

Interessantheidshalwe:
Die siekte staan bekend as COVID-19 (Corona Virus Disease 2019), en die virus staan bekend as SARS-CoV-2 (Serious Acute Respiratory Syndrome Corona virus 2), omdat die virus ernstige longonsteking veroorsaak en volgens alle aanduidings naby verwant is aan die SARS-CoV-1 van 2002/2003.
Lees meer: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/technical-guidance/naming-the-coronavirus-disease-(covid-2019)-and-the-virus-that-causes-it

Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Lugdiens vergader om President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor noodmaatreëls te midde van die Coronavirus-pandemie, te bespreek. Die S.A.L sê ‘n aankondiging sal later vandag gemaak word. Die lugredery sê geen vlugte is tot dusver gekanselleer nie, maar dat vlugte van hoë-risiko lande vanaf Woensdag in lyn met die president se opdrag, gekanselleer sal word. Een-en-sestig gevalle van die siekte is tot dusver in Suid-Afrika bevestig.

Lesings by die Universiteit van Kaapstad is opgeskort en alle koshuise sal weens die Coronavirus gesluit word.

Intussen het die Kaapse Universiteit van Tegnologie sy vakansietyd weens die Coronavirus verleng.

16 Maart: In Suid-Afrika is sestien gevalle aangemeld.

Die Universiteit van die Witwatersrand het van sy klasse vir mediese studente gekanselleer nadat ‘n student in kontak gekom het met iemand wat die Coronavirus het.

12 Maart:

Amerika het hom daartoe verbind om sowat agt miljoen rand aan die Suid-Afrikaanse regering beskikbaar te stel om te help met die hantering van die COVID-19 pandemie. Amerika het intussen ‘n reisverbod van 30 dae vanaf Europa ingestel, nadat meer as duisend Amerikaners positief vir die siekte getoets het.

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sal vandag met die provinsiale werkkomitee in Limpopo vergader om hulle op hoogte te bring van die proses om 122 Suid-Afrikaners uit die Chinese stad Wuhan na Suid-Afrika terug te bring. Sewe van die Suid-Afrikaners is van Limpopo afkomstig.

10 Maart: Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het bevestig dat die getal Suid-Afrikaners wat die virus onderlede het, tot sewe gestyg het, nadat ‘n bykomende vier mense positief gediagnoseer is. Hulle was deel van die groep van tien wat Italië besoek het. Italië is die land in Europa wat die meeste gevalle van Covid-19 het.

5 Maart 2020:

13 Feb 2020: Die Coronavirus wat verantwoordelik is vir die huidige uitbreking, staan nou amptelik as COVID-19 bekend.

CO = Corona
VI = Virus
D= Disease
2019 = die jaar waarin die virus geïdentifiseer is.

Lees ook:

Statistieke oor die huidige uitbreking: https://www.worldometers.info/coronavirus/

Mites oor die Corona-virus: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/advice-for-public/myth-busters

Inligting vir mediese en gesondheidspersoneel: https://www.thelancet.com/coronavirus

Interessante feite oor die Corona-virus en die huidige uitbreking

Die Corona virus lyk soos ‘n kroon.

Wat is die coronavirus wat mense in die Ooste op hol het? Hoe dodelik is dit? Hoe het dit ontstaan? Is ons in Suid-Afrika in gevaar? Marí Hudson praat met ’n spesialis oor dié virus, asook ook klebsiêlla en dié winter se griep.

  • Die Corona-virus is ‘n groep virusse wat gewoonlik in diere voorkom. Wanneer dit wel na die mens oorgedra word, soos met SARS in 2002/3, en MERS in 2012, lei dit tot veral longprobleme by die mens. Die sterftesyfer van die SARS-uitbreking was sowat 9% en dié van MERS sowat 34%. Nie SARS of MERS het tot ‘n groot mate van mense tot mens versprei nie. SARS het vermoedelik van vlermuise gekom via muishonde in die Ooste en MERS van vlermuise via kamele in die Midde-Ooste. Baie van die Corona-virusse wat tans wel in mense voorkom, veroorsaak bloot verkoue.
  • Die nuwe Corona-virus word die 2019-nCoV genoem, waar die n staan vir novel oftewel nuwe.
  • Die Corona virus uitbreking het op 8 Desember 2019 begin met 10 mense wat siek geword het nadat hulle ‘n mark met lewende diere, insluitend wilde diere, besoek het.
  • Meer as 6000 gevalle is die eerste 7 weke gediagnoseer met 132 sterftes. Meer as 40 miljoen mense in verskillende stede in China is in kwarantyn geplaas. Gevalle is reeds in Kanada, Duitsland, Japan, Hong Kong, Frankryk, Maleisie en Australië gediagnoseer. Almal was in aanraking met ‘n persoon van China. Vlugte uit China is gekanselleer en ook die X-Spele wat volgende maand in China sou plaasvind. ‘n Week later, op 3 Feb, het die getal gediagnoseerdes wêreldwyd op meer as 17 000 gestaan en die sterftesyfer op meer as 360.
  • Chirurgiese maskers in China, en ook New York, is uitverkoop en die geldmarkte is ook op hol.
  • Anders as die SARS- en MERS virusse, word die nuwe Corona virus wel van mens tot mens oorgedra soos gevalle in Duitsland en Japan bewys het.
  • Die inkubasietyd van aansteking tot simptome is sowat 10 tot 14 dae as dit van dier na mens oorgedra word, en sowat 1 tot 12 dae as dit van mens tot mens oorgedra word.
  • Die virus word swakker met elke oordraging van mens tot mens.
  • Die simptome is longontsteking, koors, hoes en sukkel om asem te haal. Maar nie loopneus, nies en seer keel nie. Die huidige influenza virus het soortgelyke simptome.
  • Ouer mense, mense met verswakte immuniteitstelsels, mense met long- of hartprobleme en jong kinders kan die siekste word van die virus en moet onmiddellik mediese hulp kry met die eerste simptome.
  • Die virus versprei deur groot druppels en sal nie maklik deur inaseming aansteek nie, maar wel as groot duppels op jou val as jy ‘n meter of twee van ‘n pasiënt staan, of as jy aan iets vat waarop die druppels geval het. Dit is nie bekend hoe lank die virus buite die liggaam lewe nie.
  • Die belangrikste voorsorgmaatreëls is om jou hande te vas, onmiddellik mediese hulp te gaan soek as jy onlangs in China was of met ‘n persoon van China in aanraking was en dan simptome toon, jou hand voor jou mond te hou as jy hoes of nies en nie aan jou gesig te vat nadat jy aan dinge rondom jou gevat het. ‘n Masker kan mediese en verpleegpersoneel help wat digby pasiënte werk, en om ‘n siek persoon te keer om ander aan te steek.
  • Volgens die Minister van Gesondheid is Suid-Afrika gereed om die virus in Suid-Afrika te hanteer.
  • Geen antivirale middel of vaksien is tans effektief of beskikbaar nie. Die virus is egter reeds geïsoleer en geïdentifiseer en kan nou in enige land met ‘n bloedtoets binne 24 uur bevestig word. Navorsers in verskeie laboratoria in die wêreld werk aan behandeling en ‘n vaksien.
  • Dit is nie die dodelikheid van die virus wat paniek saai nie, maar onsekerhede oor wat volgende gaan gebeur en hoe die virus verder gaan optree. Tans lyk dit of dit met elke mens tot mens oordraging verswak.

Lees meer oor die Corona-virus uitbreking: https://www.webmd.com/lung/news/20200124/coronavirus-2020-outbreak-latest-updates

Deur Marí Hudson