Geen mediese redes meer vir streng inperking


Is daar nog mediese redes vir ’n streng inperking? Kan ’n voortgesette streng inperking die verloop van COVID-19 in Suid-Afrika verander, en hoe? Wat is die beste pad vorentoe?

En presies wat gebeur in die longe van iemand met ernstige COVID-19, want dit lyk soos Akute Respiratoriese Nood-sindroom waar inflammasie en bloedvatskade en multi-orgaanversaking ter sprake is en nie bloot longontsteking nie.

Marí Hudson probeer antwoorde op dié vrae vind, kyk wat die kundiges sê en gesels met ’n waaksorgspesialis.

Aandag dokters en gesondheidswerkers:

Luister en kyk hier na Prof André Coetzee, voormalige hoof van Narkose aan die Universiteit van Stellenbosch, se wetenskaplike vergelyking tussen ARDS en Covid-19.