Kinders, skool en Covid


Hoe veilig is dit om jou kind terug te stuur skool toe? Dít is een van die vrae wat dr Fiona Kritzinger, kinderlong-spesialis van Kaapstad vandag in Gesondheid op RSG gaan bespreek.

Word kinders baie siek van Covid? Is hulle die draers van die virus wat almal gaan aansteek? Wat van kinders met asma? Of kinders met ander siekteprobleme? Hoe groot is die kans werklik dat kinders ernstig siek kan word van COVID?

Marí Hudson vind uit.

Luister vandag om 11:30 na Gesondheid op RSG.

Luister en kyk na ‘n onderhoud met Dr Fiona Kritzinger, pediatriese pulmonoloog van Kaapstad:

Die simptome van Covid verskil tussen volwassenes en kinders.