Daar is goeie behandeling vir erektiele disfunksie


Baie mans ouer as 50 ondervind erektiele disfunksie. Dis nie iets waaroor mans wil praat nie. Daar is natuurlik die blou pilletjie, maar daar is ook baie méér hulp as dié pil.

Marí Hudson gesels met Dr David Mouton, uroloog by die Pretoria Urologie Hospitaal en die Wilgers Hospitaal oor erektiele disfunksie kyk ook na manlike menopouse, oftewel andropouse.