Daar IS hulp vir blaaslek


Baie vroue wil nie daaroor praat nie, maar sukkel met blaaslek. Maar soos die uroginekoloë sê: Nappies are for babies, not for ladies. Daar is twee soorte blaaslek, en daar is hulp vir enige van dié twee vorms.

Is jy een van die talle vroue wat aan blaaslek ly? Meer  vroue as wat jy dink,se blaas- of anale knypers of albei, werk nie meer so goed soos voorheen nie. Dit lei tot groot verleentheid en vroue hou op met draf en ander aktiwiteite uit vrees vir ‘n skandalige ongeluk. Maar daar is hulp vir:

– blaaslek weens klepprobleme
– blaaslek weens ‘n ooraktiewe blaasspier
– prolaps van vroue-organe
– anale inkontinensie.

Die pasaangeër word netjies onder die vel in die boud geplaas as behandeling vir ‘n ooraktiewe blaas.

Een van die behandelingsopsies is die plaas van ‘n klein ‘pasaangeër’ in die boud, wat beide blaas- en anale inkontinensie onder beheer kan bring deur die senuwee na die blaasspier en die anale sfinkter beheer. Ander behandelingsopsies sluit selfs botoks-inspuitings in die blaas in.

Die belangrikste is om by ‘n chirurg uit te kom wat gereeld en baie van hierdie operasies doen, soos ‘n uro-ginekoloog. Waar vind ek só ‘n chirurg? Besoek https://www.sauga.org.za/  of

https://www.sauga.org.za/Patients en kontak hulle vir meer inligting en of die chirurg wat jy besoek, lid is van dié vereniging.

Lees en luister ook na gesprekke oor bekkenpyn en meer oor blaaslek:

Dokter, ek het bekkenpyn!