CBD-olie: Wat jy moet weet


Daar is baie aansprake oor hoe dagga-olie allerlei siektes genees.

In die tabel regs is ‘n opsomming oor waar daar bewese effekte gevind is.

Dagga-olie: die feite

Al meer mense wend hulle tot dagga-olie om verskeie redes, maar daar is nog baie vrae en onsekerhede: Sommige hoop dit kan hul kanker genees, ander neem dit vir pynverligting, ander om goed te slaap. Hoe werk die verskillende bestanddele van die daggaplant? Wat gebeur in die liggaam? Watter bestanddeel is medies gesproke die een wat hoop bring in die behandeling of hantering vir siektes? Hoe weet ons watter dagga-olie om te koop en waar?

Marí Hudson gesels met Prof tess van der Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, oor hoe die verskillende dagga-bestanddele die liggaam affekteer.

Die belangrikste feite
1. Daar is baie verskilende bestanddele in die daggaplant. Meer as 113 verskillende cannobïede in cannabis. Die bekendste van die cannaboïede is THC (tetrahidro-cannoboïed) wat hoofsaaklik in ‘n dagga-zol wat gerook word voorkom, op jou brein werk, en baie skadelik kan wees vir ‘n jong, ontwikkelende brein en ook tot skisofrenie kan lei. Die ander is CBD (cannabidiol) , wat in ander dele van die liggaam werk, en veral ‘n anti-inflammatoriese effek het. Dit is die ‘goeie’ cannaboïed wat in CBD-olies is.
2. Die 3 algemeenste soorte cannabis olies wat ‘n mens kry, is
– hempsaad-olie, wat uit die hempsaadjies vervaardig word, en geen cannaboïede bevat nie. Hempsaadolie is die enigste voedselsoort wat al tien essensiële aminosure bevat.
– CBD-olies wat uit die vroulike blommetjies van die plant vervaardig word. Dit mag slegs as CBD-olie geklassifiseeer word – volgens die regulasies van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerings Owerheid (SAHPRA) minder as 0,3 % THC bevat.
– Tradisionele dagga- of cannabisolie. Dis ‘n klassieke boereraat. Dit bevat meer as 2% THC.
3. Daar is geen wetenskaplike bewyse dat enige cannaboïede bestanddeel kanker kan genees nie. Die onkoloë sê daar is nie bewyse dat CBD dit kan doen nie. Nog minder THC.
4. Die liggaam het ‘n endo-cannaboïede sisteem en spesifieke cannaboïede reseptore wat tot sekere effekte in die liggaam lei.  CBD olies het ‘n anti-inflammatoriese effek en kan tot pynverligting lei. THC kan eetlus vir pasiente wat baie maer is of palliatiewe sorg nodig het, stimuleer.
5. Hoe weet ek wat ek dalk nodig het, dat dit suiwer is, van goeie kwaliteit en dat die konsentrasies reg is?

Eerstens word enige cannabis-olie wat jy by ‘n tannie of oom koop, nie gereguleer nie, en het jy geen idee wat die konsentrasie is en watter bestanddele in die olie is nie.

Koop dus liefs by ‘n apteek en maak seker:
– die produk is by SAHPRA geregistreer, en dat jy dus die konsentrasies en inhoud kan vertrou
– Om aan die wetgewing vir Nasionale ouditeuringsertifikaat te voldoen, moet die cannabis plant nie met pesdoders bespuit gewees het nie.
– maak seker dat die CBD olie deur CO2 (Koolsuurgas/Koolstofdioksied/Carbon dioxide) ekstraksie berei is en nie deur alkohol-ekstraksie nie, want laasgenoemde metode lei tot CBD olie wat gevaarlik vir die liggaam kan wees.

– Die botteltjies CBD olie moet aandui dat dit 5% CBD bevat oftewel 16 – 20 mg/ml CBD.
– die aanbevole daaglikse dosis van CBD olie is 5 – 7,5 ml per dag
– CBD-n help teen epilepsie in kinders
– CBD-d help vir dermatologiese probleme soos psoriase
– CBD-n help teen ADHD en angstigheid.

Lees en luister ook:

https://www.rsgplus.org/gesondheid/dagga-as-medisyne/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/palliatiewe-sorg-kan-kwaliteit-van-laaste-lewe-verbeter/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/wat-dagga-wettig-word-sa/