Departement van Landbou se cannabis-plan


Dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou bespreek ‘n kannabisplan wat onlangs deur die departement bekend gestel is.

Warren Bam produseer organiese tafeldruiwe wat hy na die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Noord-Amerika en China uitvoer. Hy boer in Saron in die Wes-Kaap. Sy uitdagings, wat beurtkrag en klimaatsverandering insluit, pak hy strategies aan.

Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap verduidelik hoe die opsporing van sklerotinia nou met die gebruik van kamerategnologie gedoen word.