Die effek van klimaatveranderings op landbou kan yslik wees


President Cyril Ramaphosa het ‘n verteenwoordiger van die landbou-organisasie, AgriSA, aangestel op die presidensiële klimaatkommissie. Dit gebeur teen die agtergrond van die COP27-klimaatberaad wat tans in Sharm el-Sheikh in Egipte aan die gang is. Janse Rabie is die hoof van regs- en beleidsake by AgriSA, en is pas by die president se klimaatkommissie ingesluit. Ons praat met hom oor landbou en die klimaat.