Die groen komeet; kosmiese strale; die aardkors en magnetisme


Die groen komeet is tans iewers in die omgewing van Mars en Aldebaran in die noorde.

Daar was ‘n berig dat een van die James Webb-onderdele onklaar geraak het vanweë ‘n kosmiese straal. Die span verduidelik wat ‘n kosmiese straal is, en of die fout uiteindelik herstel is.

Hulle praat ook oor produkte wat uit die ruimteprogram voortgevloei het, en hoe ons op verskeie maniere daarby baat.

Stefan Lotz van SANSA verduidelik wat binne die kors van die aarde aangaan na aanleiding van ‘n vraag oor magnetisme. Hy verskaf ook die maandelike sonweer-vooruitskouing.