Die jongste inligting oor wild- en landbougrond-pryse


Adjunk Direkteur Landbou Ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou Riaan Nowers, deel nuttige data omtrent wild en landbougrond pryse. Ons bespreek veral goeie nuus vir boere wat betref wildveilings.

Cobus Meiring van die Tuinroete-Omgewings Forum, deel met ons die inhoud van ‘n onlangse navorsingsverslag wat verband hou met omgewingsbestuur. Hy bespreek ook uitdagings, asook moontlike oplossings.