Die jongste tendense in herlewingslandbou


Dr. Stephano Haarhoff is landboukundige in die Agri Carbon Koolstofkredietprogram by Climate Neutral Group Suid-Afrika. Hy sluit by ons aan om die jongste tendense in herlewinglandbou-boerderystelsels te bespreek. Ons gesels oor gediversifiseerde wisselboustelsels, minimale grondversteuring en hoe om klimaatslim boerderystelsels te bou. Ons bespreek ook die waarde van grondbiologie.

Die assistentdirekteur: innovasie, tegnologie-ontwerp en -oordrag by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Arie van Ravenswaay, verduidelik hoe uitvoerkwaliteit van volstruisleer met behulp van innoverende tegnieke verhoog word.