Hoe werk sonsverduisterings?


Die span praat oor verduisterings.

Ons hoor van verduisteringsjagter Paul Maley, wat die algehele sonverduistering van 8 April oor Amerika vanaf ’n passasierskip gaan waarneem. Matie onthou hoe vegvliegtuie die maan se skaduwee gejaag het om ’n algehele sonverduistering langer uit te rek. Jim Adams vertel hoe NASA ruimtetuie gebou het wat ’n permanente kunsmatige verduistering kan produseer. Het jy geweet dat tydens ’n algehele sonsverduistering, die skadukol wat die maan se skaduwee op die aarde gooi, slegs ’n paar honderd kilometer in deursneë is, en dat dit ongeveer so vinnig soos Concorde of ’n vegvliegtuig beweeg?

Kyk hier na die volledige verduistering van 8 April:

 

 

‘n Fotograaf beskyf sy ervaring om die totale sonsverduistering vann 8 April op kamera vas te lê