Die opstaan ná wrede plaasaanval – vrou vertel openhartig


Chris en Leonise Joubert

Leonise Joubert van Vivo in Limpopo praat openhartig oor die wrede plaasaanval en verkragting, wat haar en haar man Chris en hulle geliefdes se lewe vir altyd verander het.

Leonise het uit haar hospitaalbed gepleit dat die aanval nie op ‘n rassekwessie moet uitloop nie, en vertel ‘n aangrypende verhaal van ‘n gemeenskap se omgee en die genesing wat vergifenis, hoop en liefde bring.