Hoe staan mens op ná die dood van 2 van jou kinders?


Om ‘n kind aan die dood af te staan, is seker een van die ergste dinge wat met ‘n ouer kan gebeur. Alida Venter het twee kinders binne 14 maande van mekaar begrawe, en toe besluit om ‘n padveiligheidsaktivis te word. Sy het die organisasie, DRIVE MORE SAFELY, gestig. Haar werk om padsterftes te verminder, is selfs benoem vir ‘n internasionale toekenning.

Sy praat prontuit oor hoe hierdie tragedie haar geloof geraak en haar gesin laat verbrokkel het, maar uiteindelik ook vir haar ‘n splinternuwe lewensdoel gegee het.