Die wetenskap van fietsry in die Tour de France


Met die Tour de France, een van die gewildste fietswedrenne in die wêreld, tans aan die gang, gesels Marí Hudson met dr Ross Tucker, bekende sportwetenskaplike oor die wetenskap van mededingende fietstoere.

Wat is die eienskappe van ‘n ideale toerwenner om tydrenne te wen, maar ook die berge aan te pak? Is die wentye swakker as in die tyd van Lance Armstrong? Indien nie, is verbode middels dan steeds ’n deel van sulke fietstoere?

Die Tour de France duur van 29 Augustus tot 20 September. Vandag, 16 September, is dit Skof 17, met die bergpasse tussen Grenoble en Méribel. Die fietsryers is letterlik in die Franse Alpe.